Gaan na die inhoud
Centurion Jukskeiklub

Gedragskode Centurion Jukskeiklub

Ons Gedragskode beskryf die waardes en verwagtinge vir alle lede van die Centurion Jukskeiklub. Vul die vorm in om jou aanvaarding te bevestig.

Waarom die Gedragskode belangrik is

Die Gedragskode help om ’n veilige en respekvolle omgewing te skep vir almal wat by die klub betrokke is. Dit bevorder sportmanskap, samewerking en die waardes van Jukskei as ’n tradisionele Suid-Afrikaanse sport.

Ons verwag dat alle lede, van beginners tot ervare spelers, die kode verstaan en respekteer.

Gedragskode vir klublede: Gauteng-Noord Jukskei

Ek, (aansoeker van Centurion Jukskeiklub) verbind my/namens minderjarige hiermee om my neer te lê by die reëls soos vervat in hierdie gedragskode. Ek/namens minderjarige onderneem om:

• My klubklere te alle tye met waardigheid te dra
• Jukskei bo my eie belange en doelwitte te stel
• My klub en span met eer en trots te verteenwoordig
• My te berus by die keuse van spanne en indien ek nie saamstem met die spankeuses nie, my probleme skriftelik deur te gee aan die Klub Bestuur/Keurkomitee
• My klub-verantwoordelikhede na te kom, ondanks die span of die posisie waarin ek gekies is
• My te weerhou van negatiewe uitsprake tov enige lid of lede van my klub, Gauteng-Noord Jukskei of spanne (Ek behou myself die reg voor om ongelukkighede volgens die regte kanale te rapporteer vir hantering)
• Indien ek gekies word vir enige span, die speelprogram te eerbiedig en geen ander reëlings te tref voordat ek dit uitgeklaar het met die klub-bestuur nie, want my eerste verantwoordelikheid bly die belange van die klub
• Indien ek moet onttrek, ek die Klub-bestuur so spoedig moontlik sal inlig en die nodige motiverings- of stawingdokumente sal aanheg indien nodig
• Lojaal teenoor my klub, my span en my spanmaats te wees en hulle te ondersteun onder alle omstandighede.
• Eerlik en opreg te speel volgens die reëls en die gees van die spel en nie beamptes se beslissings openlik te kritiseer nie, maar die regte kanale sal gebruik om beswaar aan te teken
• Geen alkohol, verbode stimulante, verdowingsmiddels, ens. te gebruik tydens die dag/e waarop die wedstryde gespeel word nie
• My te onderwerp aan die gesag en dissipline van gesagspersone oor my aangestel en hulle posisies te respekteer
• Die amptelike kleredrag en kleure van klub met trots te dra en nie vir die klub 'n verleentheid te wees wanneer ek dit dra nie
• My te weerhou van onprofessionele optrede teenoor my opponente en erkenning te gee waar nodig en nooit op enige wyse hulle menswaardigheid aan te tas nie
• Indien daar probleme in die span opduik, sal ek dit opneem met die kaptein en/of klub bestuur
• In my optrede toegewyd te wees aan die spel, my humeur en emosies te beheer en veral te let op my taalgebruik, sodat ek nie 'n verleentheid vir my spanmaats, teenstanders en/of toeskouers is nie
• Indien ek my sou wangedra, om my te berus by enige dissiplinêre optrede wat teen my mag volg (u kan egter verseker wees dat u kant van die saak aangehoor sal word)

Lidmaatskap Aansoek – Centurion Jukskeiklub

Vul die vorm in en ons sal met jou in verbinding tree.

Indien hierdie lidmaatskapaansoek namens ’n minderjarige (jonger as 18 jaar) ingedien word, aanvaar ek as aansoeker die Gedragskode namens die minderjarige.

Ons Borge

Adverteer by ons

Jou advertensie wys as ’n kaart met jou prent, naam en een reël, wat na jou webwerf skakel.

Bv. wat jy verkoop, hoogstens 120 karakters
Landskap werk die beste (sowat 4:3).

Sluit by ons aan

Kontak ons gerus om meer te leer oor lidmaatskap of om by ’n van ons geleenthede aan te sluit. Ons is beskikbaar op WhatsApp en e-pos gedurende weeksdae.

Bel +27 71 677 3385 WhatsApp ons E-pos ons

FacebookInstagramWhatsApp