Gaan na die inhoud
Centurion Jukskeiklub

Centurion Jukskeiklub

Centurion Jukskeiklub is die plek vir Jukskei-spelers in Centurion. Ons verwelkom alle ouderdomme om te leer, oefen en meeding in hierdie tradisionele Suid-Afrikaanse sport.

Word ń Lid

Ons storie en die sport

Centurion Jukskeiklub is ’n gesinsvriendelike klub in Centurion, Gauteng. Hier kan kinders, tieners en volwassenes saamkom om Jukskei te leer, te speel en deel te neem aan kompetisies.

Jukskei is ’n tradisionele Suid-Afrikaanse sport wat konsentrasie, koördinasie en taktiese denke vereis. Jukskei bestaan uit die gooi van ’n skei van agter ’n sperstreep oor ’n bepaalde afstand in die rigting van en na ’n pen wat in ’n sandput staan. Die skei word aan die handvatsel gevat en verby die been geswaai en onderhands vorentoe gegooi.

Die sport het sy oorsprong in Suid-Afrika in die 1700’s en word vandag steeds met trots beoefen deur jong en oud.

Vier spelers in klubhemde

Waarom Centurion Jukskeiklub?

Gemeenskapsbou

Ons fokus daarop om die Jukskei-gemeenskap in Centurion te versterk en ’n plek te skep waar almal welkom is.

Jukskei as kultuur en sport

Ons bevorder Jukskei onder kinders en jongmense om die tradisie lewendig te hou.

Sportbevordering in Suid-Afrika

Die klub neem deel aan plaaslike ligas en toernooie en ondersteun die groei van sport in Gauteng.

Centurion Jukskeiklub Bestuurspan

Hannes Visser

Hannes Visser

Voorsitter

Anne-Marie Visser

Anne-Marie Visser

Sekretaresse & Tesourier

Nico Hand

Nico Hand

Ondervoorsitter

Dries Odendaal

Dries Odendaal

Addisionele Lid/ Voorsitter Polslag (Senior burgers)

Marghereet Visser

Marghereet Visser

Kommunikasie en Bemarking

Ons Borge

Adverteer by ons

Jou advertensie wys as ’n kaart met jou prent, naam en een reël, wat na jou webwerf skakel.

Bv. wat jy verkoop, hoogstens 120 karakters
Landskap werk die beste (sowat 4:3).

Sluit by ons aan

Kontak ons gerus om meer te leer oor lidmaatskap of om by ’n van ons geleenthede aan te sluit. Ons is beskikbaar op WhatsApp en e-pos gedurende weeksdae.

Bel +27 71 677 3385 WhatsApp ons E-pos ons

FacebookInstagramWhatsApp